GoedeboerGoedeboer
Wie ons is

Rentmeesters

Goedeboer beteken “Goeie Boer”. Ons glo in balans — vir ons eie lewens, en vir die grond en die boer.

Goedeboer is ’n Pretoria-gebaseerde onderneming wat werk doen in Suid-Afrika en sub-Sahara Afrika. Ons is ’n jong, dinamiese landbou-onderneming, maar groot in ervaring. Ons glo in die balansering van ons eie lewens, net soos die grond en die boer in ’n volhoubaar gebalanseerde omgewing behoort te wees vir maksimum opbrengs.

As rentmeesters van die natuur wat aan ons gegee is, is ons verantwoordelik om saam met die natuur te werk, in die natuur te werk, en die natuur op te pas. Ons kliënte, die boere wat voedsel vir die bevolking produseer, streef na die beste opbrengs en uitset.

Ons by Goedeboer ondersteun hulle om daardie doel te bereik met die kleinste impak op die beskikbare natuurlike hulpbronne, sowel as die mees koste-effektiewe inset. Dit maak ons dankbaar vir wat ons ontvang, en laat ons terugploeg in ons gesinne en boerderygemeenskappe.